Die vraag ontstaan nou hoe ver die land se
grootste partye sal gaan om mag te behou of te bekom? Sal daar wel ’n
sogenaamde “oordeelsdag-koalisie” tussen die ANC, EFF en oudpres. Jacob Zuma se
uMkhonto weSizwe (MK)-party wees? Of erger, sal die DA ’n koalisie met die ANC
aanknoop om die voorgenoemde koalisie te verhoed?