Shofar Secunda | Afrikaans Preke

May 12 2024
Shofar Secunda | Afrikaans Preke Podcast artwork

Hallo! Ons gemeente bestaan uit 'n groep jong volwassenes en families met ('n klomp) kleintjies. Die gemeente is deur vrywilligers geplant en die idee that elke lid dien & die gemeente bedien het deel van ons fundamentele kultuur geword. Op hierdie manier vind elke lid 'n plek om hul unieke gawes uit te oefen. Ons kom Sondae by Curro Secunda in Afrikaans (09:00) en in Engels (17:00) bymekaar. Tydens die week ontmoet ons in kleiner groepe in verskeie huise regoor die dorp. Indien jy meer oor ons wil weet, 'n gebedsversoek of vraag het, kom asseblief in kontak deur ons te skakel (072 572 7565) of te e-pos ([email protected]). Ons sien uit om jou te ontmoet! Wiehan & Robyn Brown